VENTERSKROON KAMPTERREIN
Venterskroon kamp terrein is geleë in die hartjie van die Vredefortkoepel. Die Kampterrein bestaan sedert 1975 en is in 2015 heeltemal opgradeer. Die historiese kerkgebou is gerestoureer en beskikbaar vir troues. Daar is ook ‘n onthaalsaal wat vir troues, konferensies en ander funksies gebruik kan word.
Die gemeente het in 2015 die Venterskroon Kampterrein in die Vredefortkoepel oorgeneem en opgeknap. Hierdie kampterrein bied netjiese fasiliteite vir ongeveer 140 persone en is ideaal vir skoolkampe, kerkkampe en familiekampe.
Besoek gerus die kampterrein se webtuiste vir besprekings of meer inligting: www.venterskroonkampterrein.co.za of kontak 018 2932672 of 082 551 1846