OMGEEGROEPE

Die gemeente se barmhartigheidswerk word hoofsaaklik gereël en gedryf deur die diakens van die gemeente. Die diakens reël die barmhartigheidswerk aan die hand van verskillende omgeegroepe:

Omgeegroep vir ouer persone:
Hierdie omgeegroep is toegerus vir bediening aan ouer persone en lê op deurlopende basis besoeke by ouer persone af.

Omgeegroep vir siekes:
Hierdie omgeegroep is toegerus vir bediening aan lidmate wat siek of in die hospitaal is en bied ondersteuning aan hierdie lidmate.