VROUEBEDIENING
Die vrouens van die gemeente maak van ons gemeente ’n tuiste. Hulle is die werkersbye van die gemeente. Die vrouebediening vind in twee geleenthede plaas:
- NHSV (Nederduitsch Hervormde Susters vereniging) Kuieraand – Vergader maandeliks op Woensdae om 18:30
- Lelies van die Veld – Kuier twee maandeliks op Woensdae om 11:00
Die NHSV en Lelies van die Veld se kuiergeleenthede inspireer en bied ruimte vir vroue van alle omstandighede en agtergronde – van weduwees, werkende ma’s tot enkellopendes – om in geloof vriendinne te maak. Daar word onder andere sop en sjerrie aande gehou, kos gemaak vir die Gemeente-ete in Februarie-maand en bejaardes word deur die vroue bederf met ’n ete in November-maand. Die vrouebediening hou in Augustus-maand ’n Mini-basaar, waarvan die fondse aangewend word vir barmhartigheidswerk in die breër Hervormde Kerk se Ouetehuise en Kindersorg. Natuurlik is daar ook aan die einde van elke jaar ’n bederf-uitstappie om die jaar mee af te sluit.