MOTORSKOU
Die gemeente hou elke jaar op 1 Mei die Noordwes Motorskou Potchefstroom. Daar word by die 400 veteraanmotors uitgestal en beoordeel op hierdie dag. Die Motorskou is alombekend in die Potchefstroomse gemeenskap sowel as onder motor-entoesiaste. Buiten die uitstalling van veteraan motors, is daar heerlike basaarkos te koop, vlooimark stalletjies om te besigtig, ’n antieke meubelveiling ’n hondeskou en verskeie gaskunstenaars wat optree.
Vir meer inligting, besoek gerus ons Facebook-blad: NoordwesMotorskou Potchefstroom of e-pos nhkpotch1@lantic.net
Om ’n voertuig in te skryf, volg hierdie skakel na die inskrywingsvorm