DOULOS ARMOEDE PROJEK
Die Doulos armoedebediening is ’n gemeenskapsprojek wat vanuit ons gemeente bedryf word. Tweedehandse klere word in ’n winkel op ons perseel verkoop. Uit die opbrengs van die klereverkope word plaaslike gesinne in nood bygestaan en maandeliks word meer as 100 mense van kospakkies voorsien.
Vir meer inligting oor ons projek, skakel gerus die organiseerder, Louisa Klopper by 083 612 7969.