VENTERSKROON KAMPTERREIN
Tel: 018 2932672
Sel nr.: 082 551 1846
VIR MEER INLIGTING EN FOTOS BESOEK DIE WEBWERF – venterskroonkampterrein.co.za
Venterskroonkampterrein is geleë in die hartjie van die Vredefort Koepel. Die Kampterrein bestaan sedert 1975 en is in 2015 heeltemal opgradeer. Die historiese kerkgebou is gerestoureer en beskikbaar vir troues. Daar is ook ‘n onthaalsaal wat vir troues,konferensies en ander funksies gebruik kan word.
Fasilitering vir groepe wat alle etes en verskillende aktiwiteite insluit, is beskikbaar.
Die gemeente het in 2015 die Venterskroon Kampterrein oorgeneem en opgeknap. Hierdie kampterrein bied netjiese fasiliteite vir ongeveer 140 persone en is ideaal vir skoolkampe, kerkkampe en familiekampe. Besoek gerus die kampterrein se webtuiste vir meer inligting: