VERGADERINGS
Die gemeente is in 31 wyke ingedeel en elke wyk word deur ’n ouderling en diaken bedien. Kerkraadsvergaderings vind vier keer per jaar plaas. Ouderlinge vergader twee keer jaarliks met die oog op beplanning en toerusting. Die diakens vergader ook twee keer elke jaar en doen dan beplanning ten opsigte van die barmhartigheidswerk in die gemeente
Dienswerk van lidmate
Lidmate kan op die volgende terreine in die Gemeente diensbaar wees:
- Kategese en jeugbediening
Die jeug is vir ons baie kosbaar. Ons wil graag al ons kinders geestelik versorg en begelei. Kom word deel van ons opwindende jeugprogram. - Jong Hervormers
(18jr tot 30jr)
Hierdie groep kom rondom Bybelstudie en ander geleenthede saam. - Evangeliesasie
Die gemeente reik graag uit na lidmate wat kerklos en kerkloos is. - Bybelverspreiding
Die gemeente dra op verskillende maniere by tot Bybelverspreiding. Bybels word in verskillende tale beskikbaar gestel en versprei.
Kerkraad
Lidmate kan op die kerkraad verkies word om te dien as ouderling of diaken.