SUSTERS
Die susters van die gemeente maak van ons gemeente ’n tuiste. Hulle is die werkersbye van die gemeente. Hulle kom een keer per maand bymekaar vir ’n kuieraand. By hulle kuieraande is daar altyd iets lekker te ete en hulle doen ook ’n kreatiewe aktiwiteit. Verder hou die susters sop en sjerrie aande, hulle maak die kos vir die Gemeente-ete in Februarie-maand en bederf die bejaardes van ons gemeente met ’n ete in November-maand. Die susters het in Augustus-maand ’n mini-basaar. Van daardie fondse wend hulle aan vir barmhartigheidswerk in die breër Kerk. Natuurlik is daar ook aan die einde van elke jaar ’n bederf-uitstappie om die jaar mee af te sluit.