ONS VISIE

Ons gemeente se visie is om in nederige gehoorsaamheid en toewyding aan God drie-enig ons geloof te leef. Die uitleef van hierdie visie word gesien in die lewe van die gemeente waar ons op verskeie vlakke betrokke is by ons lidmate en plaaslike gemeenskap. Ons het meer as 500 lidmate in ons gemeente, waarvan amper 100 kinders is. Ons is ’n middestad gemeente wat ook reageer op die uitdagings van die middestad deur samewerking met plaaslike owerhede sowel as deur verskeie projekte en funksies te dryf.