NHSV (Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging)

Die NHSV bied ‘n tuiste vir ons vroulike lidmate wat maandeliks byeenkomste hou en help met die versorging van mense in nood.

Doulos armoede projek
Die Doulos armoede projek se doel is om mense in materiële nood te ondersteun met voedsel en kruideniersware.  Tweedehandse klere en huisware wat deur lidmate en die publiek geskenk word, word in twee winkels verkoop.  Die opbrengste word gebruik vir die aankoop van kruideniersware.

Noordwes Motorskou 1 Mei
Jaarliks word die Noordwes Motorskou op 1 Mei aangebied.  Ongeveer 400 motors word uitgestal en ongeveer 5000 mense besoek die Motorskou.