DOULOS ARMOEDE PROJEK

Die Doulos armoedebediening is ’n gemeenskapsprojek wat vanuit ons gemeente bedryf word. Daar is ook ’n Doulos-tak in Pretoria. Tweedehandse klere word in ’n winkel  op ons perseel verkoop. Uit die opbrengs van die klere verkope word plaaslike gesinne in nood bygestaan en maandeliks word meer as 100 mense van kospakkies voorsien.

Vir meer inligting oor ons projek en produkte, gaan na ons Facebook-blad: Doulos Thrift Stores Potchefstroom of ons Instagram-rekening: thriftingbydoulos.